Who cast that first fateful tomato that started the La Tomatina revolution? The reality is no one knows. Maybe it was an anti-Franco rebellion, or a carnival that got out of hand. According to the most popular version of the story, during the 1945 festival of Los Gigantes (a giant paper mâché puppet parade), locals were looking to stage a brawl to get some attention. They happened upon a vegetable cart nearby and started hurling ripe tomatoes. Innocent onlookers got involved until the scene escalated into a massive melee of flying fruit. The instigators had to repay the tomato vendors, but that didn't stop the recurrence of more tomato fights—and the birth of a new tradition.
Fearful of an unruly escalation, authorities enacted, relaxed, and then reinstated a series of bans in the 1950s. In 1951, locals who defied the law were imprisoned until public outcry called for their release. The most famous effrontery to the tomato bans happened in 1957 when proponents held a mock tomato funeral complete with a coffin and procession. After 1957, the local government decided to roll with the punches, set a few rules in place, and embraced the wacky tradition.
Though the tomatoes take center stage, a week of festivities lead up to the final showdown. It's a celebration of Buñol's patron saints, the Virgin Mary and St. Louis Bertrand, with street parades, music, and fireworks in joyous Spanish fashion. To build up your strength for the impending brawl, an epic paella is served on the eve of the battle, showcasing an iconic Valencian dish of rice, seafood, saffron, and olive oil.
Today, this unfettered festival has some measure of order. Organizers have gone so far as to cultivate a special variety of unpalatable tomatoes just for the annual event. Festivities kick off around 10 a.m. when participants race to grab a ham fixed atop a greasy pole. Onlookers hose the scramblers with water while singing and dancing in the streets. When the church bell strikes noon, trucks packed with tomatoes roll into town, while chants of "To-ma-te, to-ma-te!" reach a crescendo.
Then, with the firing of a water cannon, the main event begins. That's the green light for crushing and launching tomatoes in all-out attacks against fellow participants. Long distance tomato lobbers, point-blank assassins, and medium range hook shots. Whatever your technique, by the time it's over, you will look (and feel) quite different. Nearly an hour later, tomato-soaked bombers are left to play in a sea of squishy street salsa with little left resembling a tomato to be found. A second cannon shot signals the end of the battle. | Dit is ’n feit dat niemand regtig weet wie daardie eerste beslissende tamatie gewerp het wat die La Tomatina rewolusie begin het nie. Dalk was dit 'n anti-Franse rebellie of 'n karnaval wat buite beheer geraak het. Volgens die mees populêre weergawe van die storie, was daar tydens die 1945 fees van Los Gigantes ('n parade van reuse papiermaché poppe), 'n klompie inwoners wat 'n rede gesoek het om ’n bakleiery te begin ten einde aandag op hulleself te vestig. Hulle het op die naaste groentekarretjie afgekom en ryp tamaties begin gooi. Onskuldige omstanders het betrokke geraak totdat die toneel ontaard het in 'n massiewe skermutseling van vlieënde vrugte. Die aanhitsers moes die tamatiesmouse terugbetaal, maar dit het nie die herhaling van nog tamatiegevegte verhoed nie — en so is 'n nuwe tradisie gebore. Uit vrees vir 'n bandelose uitbarsting, het die outoriteite 'n reeks inperkings in die 1950's uitgevaardig, dit weer verslap, en toe weer ingestel. In 1951 is inwoners wat die wet oortree het in die tronk gestop totdat hulle vrylating deur publieke druk teweeggebring is. Die bekendste daad van vermetelheid teen die tamatieverbod het plaasgevind in 1957 toe voorstanders ’n skyn tamatiebegrafnis gehou het, kompleet met 'n doodskis en ’n stoet. Na 1957 het die plaaslike regering besluit om handdoek in te gooi, 'n paar reëls in plek gekry en die lawwe tradisie is aanvaar. Alhoewel die tamaties die hoofaantrekkingskrag is, verloop daar 'n hele week van feesvieringe wat uiteindelik eindig in die finale kragmeting. Dit is 'n viering van Buñol se beskermheiliges, die Maagd Maria en St. Louis Bertrand, met parades in die straat, en musiek en vuurwerke op vrolike Spaanse wyse. Om jou kragte op te bou vir die onvermydelike geveg, word daar op die vooraand van die stryd 'n epiese paella bedien, die vertoonstuk van 'n ikoniese Valenciaanse dis wat uit rys, seekos, saffraan en olyfolie bestaan. Vandag heers daar ’n mate van orde tydens hierdie uitbundige fees. Die organiseerders het so ver gegaan as om 'n spesiale variëteit onsmaaklike tamaties net vir die jaarlikse geleentheid te kweek. Feestelikhede skop af teen ongeveer 10 vm. wanneer deelnemers resies hardloop om 'n ham te gryp wat bo-op 'n vetgesmeerde paal vasgemaak is. Toeskouers spuit die naellopers nat met water terwyl hulle sing en dans in die strate. Wanneer die kerkklok die middaguur inlui, kom trokke, gelaai met tamaties, die dorp ingery, terwyl ritmiese krete van "Ta-ma-ties, ta-ma-ties!" 'n crescendo bereik. Dan, met die vuur van 'n waterkanon, begin die hoofgeleentheid. Dit is die groen lig om tamaties pap te druk en te loods in geesdriftige aanvalle teen mededeelnemers. Langafstand tamatiewerpers, trompop skerpskutters, en middelafstand draaiskote.Wat ookal jou tegniek, teen die tyd dat dit verby is, lyk (en voel) jy heeltemal anders. Skaars 'n uur later, word tamatiedeurdrenkte bomwerpers agtergelaat om te speel in 'n see van papsagte straatsalsa wat bitter min ooreenkoms toon met tamaties. 'n Tweede kanonskoot dui die einde van die stryd aan. |