Who cast that first fateful tomato that started the La Tomatina revolution? The reality is no one knows. Maybe it was an anti-Franco rebellion, or a carnival that got out of hand. According to the most popular version of the story, during the 1945 festival of Los Gigantes (a giant paper mâché puppet parade), locals were looking to stage a brawl to get some attention. They happened upon a vegetable cart nearby and started hurling ripe tomatoes. Innocent onlookers got involved until the scene escalated into a massive melee of flying fruit. The instigators had to repay the tomato vendors, but that didn't stop the recurrence of more tomato fights—and the birth of a new tradition.
Fearful of an unruly escalation, authorities enacted, relaxed, and then reinstated a series of bans in the 1950s. In 1951, locals who defied the law were imprisoned until public outcry called for their release. The most famous effrontery to the tomato bans happened in 1957 when proponents held a mock tomato funeral complete with a coffin and procession. After 1957, the local government decided to roll with the punches, set a few rules in place, and embraced the wacky tradition.
Though the tomatoes take center stage, a week of festivities lead up to the final showdown. It's a celebration of Buñol's patron saints, the Virgin Mary and St. Louis Bertrand, with street parades, music, and fireworks in joyous Spanish fashion. To build up your strength for the impending brawl, an epic paella is served on the eve of the battle, showcasing an iconic Valencian dish of rice, seafood, saffron, and olive oil.
Today, this unfettered festival has some measure of order. Organizers have gone so far as to cultivate a special variety of unpalatable tomatoes just for the annual event. Festivities kick off around 10 a.m. when participants race to grab a ham fixed atop a greasy pole. Onlookers hose the scramblers with water while singing and dancing in the streets. When the church bell strikes noon, trucks packed with tomatoes roll into town, while chants of "To-ma-te, to-ma-te!" reach a crescendo.
Then, with the firing of a water cannon, the main event begins. That's the green light for crushing and launching tomatoes in all-out attacks against fellow participants. Long distance tomato lobbers, point-blank assassins, and medium range hook shots. Whatever your technique, by the time it's over, you will look (and feel) quite different. Nearly an hour later, tomato-soaked bombers are left to play in a sea of squishy street salsa with little left resembling a tomato to be found. A second cannon shot signals the end of the battle. | Wie het daardie eerste noodlottige tamatie gegooi wat die La Tomatina-revolusie begin het? Eintlik weet niemand nie. Miskien was dit ’n teen-Franco oproer of ’n karnaval wat hand uitgeruk het. Volgens die gewildste weergawe van die storie, wou die inwoners tydens die 1945 feesviering van Los Gigantes (’n groot papier måché-pop-optog) ’n straatgeveg op tou sit om aandag te trek. Hulle het ’n groentewaentjie naby hulle bygedam en ryp tamaties begin gooi. Onskuldige bystanders het begin deelneem totdat die toneel in ’n massiewe skermutseling met vlieënde vrugte ontaard het. Die opstokers moes die tamatieverkopers vergoed maar dit het nie die herhaling van die tamatiegeveg verhoed nie – en ’n nuwe tradisie is gebore. Omdat hulle bang was vir ’n onbeheerbare toename, het die owerhede verordeninge ingestel en dit weer verslap. In die 1950’s is ’n reeks verordeninge heringestel. In 1951 is inwoners wat die verordeninge oortree het, tronk toe gestuur totdat hulle op openbare aandrang vrygelaat is. Die bekendste rebellie teen die tamatieverbod het in 1957 plaasgevind toe voorstanders ’n skyn tamatiebegrafnis gehou het, met doodskis, begrafnisstoet en al. Ná 1957 het die plaaslike owerheid besluit om saam met die stroom te beweeg, ’n paar reëls in te stel en die verspotte tradisie te aanvaar en te verwelkom. Al is die tamaties die middelpunt, lei ’n week van feestelikheid na die finale eindstryd. Dit is ’n viering van Buñol se beskermende heiliges, die maagd Maria en Sint Louis Bertrand, met straatoptogte, musiek en vuurwerke op die vreugdevolle Spaanse manier. Om jou kragte op te bou vir die naderende straatgeveg, word daar op die vooraand ’n enorme paella bedien wat bestaan uit ’n Valensiese gereg met rys, seekos, saffraan en olyfolie. Hierdie vrygemaakte fees het deesdae ’n sekere mate van orde. Organiseerders het so ver gegaan om ’n spesiale variteit onsmaaklike tamaties spesiaal vir die jaarlikse gebeurtenis te kweek. Die feestelikhede begin ongeveer 10:00, wanneer deelnemers wedywer om ’n ham te gryp wat bo-op ’n gladde paal vasgemaak is. Bystanders spuit die klouteraars met water terwyl hulle in die strate sing en dans. Sodra die kerkklok 12:00 slaan, ry vragmotors propvol tamaties die dorp binne terwyl ’n dreunsang van “To-ma-te. To-ma-te!” ’n crescendo bereik. Die hoofgeleentheid begin dan met die afvuur van ’n waterkanon. Dit gee die groen lig vir die vergruising en lansering van tamaties in volskaalse aanvalle teen mede-deelnemers. Langafstand tamatiegooiers, tromp-op sluipmoordenaars en medium-afstand haakskote. Wat ook al jou tegniek, teen die einde voel (en lyk) jy heel anders. Amper ’n uur later kan tamatie-deurdrenkte bombardiers in ’n see pap straat-salsa speel waar daar min oor is wat na tamaties lyk. ’n Tweede kanonskoot dui die einde van die geveg aan. |